top of page

Kommentare

Hier is wat die klas van '78 van die reunie gedink het.

Kannie:

2018/09/20, 16:53 - '78 Jenny Strydom (Smal): Ai julle, ek wou so graag ook al die eerste koue enetjie saam met julle wou drink!! Geniet elke sekonde en stuur asb baie fotos.

 

2018/09/20, 19:28 - '78 Annamarie Hayes (Conradie): Liewe maats.. teen die tyd kuier julle seker al n hond uit n bos uit. Julle moet elke sekonde geniet...eks in die gees daar...seker as julle mooi stilsit..sal julle dit aanvoel.

 

2018/09/20, 19:56 - '78 Sharlene Marx (Davis): Hi... Julle moet asb fotos op groep sit vi ons wat dit ni kon maak ni

 

2018/09/21, 05:50 - Neels De Villiers: More Maters. Julle vul my sommer met heimwee. Wens so ek kon daar gewees het maar is steeds krom getrek van die maag krampe. Stuur maar baie fotos via whatsapp, facebook of e-pos

 

2018/09/21, 13:41 - '78 Herman Lombaard: Wens ek kon daar gewees het maar nou ja moet maar werk

 

Stasie 6

2018/09/20, 22:56 - '78 Elsabe Gerber: Baie dankie almal dit was ñ heerlike ‘heront-moeting’ .. Sien uit om die res te sien!

 

2018/09/20, 23:02 - '78 Liandra Windt (Heunis): Ek se ook dnki. Het dit bje geniet.

 

2018/09/20, 23:35 - '78 Estelle Pentz (Botha) Swartkop: Dki almal, dit was baie lekker. Die wat nog kuier, geniet dit. Lkr slaap almal

 

2018/09/20, 23:48 - '78 Lynette Jansen: Dankie almal, was heerlik om saam te kuier. Lekker "warm" slaap

 

2018/09/20, 23:55 - '78 Joey Grundling (Kilian): Veilig tuis...dankie vir n heerlike aand. Lekker slaap almal.

 

2018/09/21, 01:25 - '78 Magda Coertze(Geel): Dit was omtrent lekker. Kan nie wag vi di res vandi naweek nie

 

2018/09/21, 06:51 - '78 Rubie Myburg (Roelofse): More more more almal. Dankie v n heerlike aand. Hoop almal het leke warm gedux na die kouetjie van gisteraand. Skoon uit my klere gekuier as iemand dalk op n verlore onderbaadjie afgekom het bring asb vanaand saam.

 

2018/09/21, 07:26 - '78 Alice Van Wyk: More almal! Dankie vir 'n heerlike kuier gisteraand. Nie gedink mens kan so lekker kuier na 40jr nie. Lanklaas so baie gelag. Geniet die res van jul naweek en hoop my bril verlig vanaand weer 'n paar oë.

 

2018/09/21, 07:56 - '78 Etha Smit (Kleingeld): Sien julle. Dit was heerlik. So lekker gelag.

 

Skoolbesoek

 

2018/09/21, 07:47 - '78 Elsabe Gerber: Aandag: ding dong ding. Skoolbesoek is gereël vir 12h30.. ons vergader 12h20 by groot hek.

 

 

Vrydagaand

 

2018/09/21, 17:01 - '78 Reinette Muller (Bosman): Hello. Ek het dag oorleef. Hoe laat begin ons vannaand. Werk aan tweede asem.

 

2018/09/21, 18:19 - '78 Cornelia Van Rensburg (Tolmay): Waar  kom ons bymekaar

 

2018/09/21, 18:25 - '78 Chrissie Hurter (Engelbrecht): Despatch Rugby klubhuis

 

2018/09/22, 00:09 - '78 Leatitia Pretorius (Nortier): N wonderlike aand saam n klomp wonderlike mense.

 

2018/09/22, 00:27 - '78 Neville Haarhof: Wonderlike tyd saam met julle gehad! Geniet julle aand môre. Ons moet ongelukkig huistoe.

 

2018/09/22, 00:46 - '78 Elsabe Gerber: Dankie vir elkeen was ongelooflike aand.

 

2018/09/22, 00:55 - '78 Vonroy De Beer: Dit was skokkend spesiaal aangenaam. Baie dankie aan almal.

 

2018/09/22, 02:28 - '78 Drikkie V D Westhuizen: Ek en Marietjie en Amanda gaan ook nou slaap.

 

2018/09/22, 02:30 - '78 Amanda Smith Baldie: Jislaaik ja en nog so vroeg. Nite nite

 

2018/09/22, 06:12 - '78 Leatitia Pretorius (Nortier): More....smag na koffie.

 

2018/09/22, 07:08 - '78 Herman Rabie: Goeie more almal. Lyk my die party het sy tol ge-eis. Die klas slaap nog en daar is niks fotos nie.

 

2018/09/22, 07:13 - '78 Reinette Muller (Bosman): Herman more. N mens mag mos maar bietjie asem ook skep........snork

 

2018/09/22, 07:31 - '78 Elsabe Gerber: More more .. ons kuier heerlik

 

2018/09/22, 08:14 - '78 Marietjie Du Preez: More. Ons mis julle almal wat nie hier is nie. Dit is regtig 'n heerlike naweek

 

2018/09/22, 08:53 - '78 Joey Grundling (Kilian): More almal. Dankie vir n wonderlike aand. Sien julle vanaand.

 

2018/09/22, 09:38 - Juf Anita Oosthuizen: Baie dankie vir julle. Ek het dit werklik geniet. Het nou wel gesigte herken, maar dit was baie spesiaal. Nogmaals baie baie dankie.

 

2018/09/22, 09:39 - Juf Erna Coetzee: Dit was gisteraand ‘n hemelse ervaring van ou drade optel en al die lekker saamkuier en dan kry jy nogal iets vir die spens ook! ( maag) BAIE DANKIE VIR ALLES!

 

 

Saterdagaand

 

2018/09/22, 15:31 - '78 Sharlene Marx (Davis): Hi.... Nou weet ek julle kuier n hond uit n bos uit!!!!! Niemand se niks ni

 

2018/09/22, 15:34 - '78 Johan Britz: Ja, baie lekker

 

2018/09/22, 18:11 - '78 Chrissie Hurter (Engelbrecht): Geniet jul kuier

 

2018/09/23, 00:10 - '78 Kobus Venter: Dankie almal vir besondere aand. Beste tye.

 

2018/09/23, 01:01 - '78 Elsabe Gerber: Nag almal... baie baie dankie vir ñ ongelooflike 3 aande se kuier.. sien later vanogg by d kerk!

 

2018/09/23, 01:03 - '78 Joey Grundling (Kilian): Ek kan net sê ...Ditto....lekker slaap almal.

 

2018/09/23, 06:42 - '78 Elsabe Gerber: More more. My knie is sò seer v dans - ouderdom

 

2018/09/23, 07:04 - '78 Cornelia Van Rensburg (Tolmay): Goeie more. Duisend dankie aan almal vir wonderlike saamkuier die naweek!!78 Matrieks is die Beste!

 

2018/09/23, 07:08 - '78 Herman Rabie: Goeie more almal. Dankie vir almal vir die laaste 3 dae. Dit was lekker om julle weer te sien. Dit was fantasmagories.......ag nee, sommer net gorgeous soos die Antie (Noekie) gese het.

 

2018/09/23, 07:10 - '78 Magda Vercuil: More almal...ek wil net dankie sê vir almal wat betrokke was met al die reelings...dit was so goed om die meeste van die *78 matrieks weer te sien.....die wat dit maak tot by die kerk...sien jul daar...die ander moet veilig terug vlieg en ry.....sien jul oor 5jr.

 

 

Sondagoggend

 

2018/09/23, 07:23 - '78 Elsabe Gerber: Hoe laat kry ons mekaar by die kerk ..8h45?

 

2018/09/23, 07:24 - '78 Lynette Jansen: Ja Elsabe.

 

2018/09/23, 08:31 - '78 Rubie Myburg (Roelofse): More almal. Wat n ongelooflike naweek. Duisende dankies v elkeen wat dit v ons super lekker gemaak het. Gisteraand w gevoel soos 18. Atletiek, sokkies,    lekke gehop skip en jump. Vanoggend kan ek dit aan die ou lyf voel maar was alles die moeite werd. My gebed is dat Jesus sy engele v ons elkeen vooruit sal stuur om ons paaie veilig t hou en ons t bewaar om mekaar weer oor 5jaar t sien. Nogmaals dnki Klas van 1978.

 

2018/09/23, 08:38 - '78 Joey Grundling (Kilian): Pragtig gestel Rubie. Ek dink ons almal voel so. Baie herinneringe bymekaar gemaak om die vlg 5 jaar te hou.

 

2018/09/23, 10:34 - '78 Drikkie V D Westhuizen: Mede babas van 1960 en matrikulante van 1978. Nou weet ek hoe het die bokke verlede Sondag in NZ gevoel het ... oorweldigende gevoel van blydskap en trots. Ek sien die pas afgelope naweek soos n rugbywedstryd wat ons met oormag gewen het... Donderdagaand as die kapteinsoefening...Vrydag aand die 1ste helfte...Saterdag die 2de helfte met Anton, Carol, Annerie en Elzabe as impakspelers. n Naweek vol hoogtepunte....n Game plan wat gewerk het.... en die wat dit nie kon maak nie.. sien ek as die getroue ondersteuners... kan nie wag vir die volgende game nie.

 

2018/09/23, 11:07 - '78 Charmaine Louw (Noomi): More almal. Ek en Dries veilig in Jeffreys.  Dankie aan almal wat saam kon kuier. Dit was lekker om te kon lag oor nonsens.  Ek le nou die laaste van die pienk coconut ice en eet. Vat happie vat sluk water weer hap en lees die boodskappe so tussendeur.  Geniet res van die naweek.  Julle is baie welkom om te kom kuier as julle jeffreys langs kom. Net nie vandag nie. Ek gaan nou slap

 

2018/09/23, 11:09 - '78 Johan Britz: Baie dankie vir almal wat bygewoon het

Wil net ook vir Chris Snyman,  Noekie en ander wat n finansiale bydrae gemaak het om die naweek so goedkoop moontlik vir elkeen, te gemaak het.

Vir die dames wat julle dogters gestuur om julle te verteenwoordig baie dankie.

Sien julle hopelik gou weer. Britzie

 

2018/09/23, 11:13 - '78 Tersia Zondagh (Meyer): Goeie more. Baie dankie vir 'n heerlike naweek. Dit was so lekker om julle almal weer te sien en saam te kuier.

Soveel lag en gesels - dit het glad nie gevoel of ons mekaar 30/40 jaar laas gesien het nie. Geniet die res van die lang naweek.

 

2018/09/23, 11:17 - '78 Jeanette Smit (Durr): Extra's by Oosterland Kinderhuis kom aflaai.

 

2018/09/23, 12:48 - '78 Etha Smit (Kleingeld): Wonderlike gebaar. Ek kan beaam. Dit was 'n wonderlike heerlike naweek. Julle het dit so mooi gereël.

 

2018/09/23, 15:00 - '78 Inez (Noekie) Rossouw: Hi Amanda, kan ek asb deur jou vir julle reëlingskomitee BAIE DANKIE sê vir al die tyd, en opofferinge, en toewyding, en hope vriendelike hulp, en baie liefde wat julle aan hierdie naweek en die klas van ‘78 gewy het. Dit was ‘n besondere ervaring. Julle het letterlik reg rondom die aardbol mense se lewens aangeraak en dit beslis ‘n entjie beter gemaak. Ek hoop die kerkdiens was ook ‘n geseënde ervaring. Dankie dat julle ‘n geleentheid geskep het wat my weer in aanraking gebring het met hierdie besondere matriekklas van ‘78. Ek het dit baie geniet. My mooiste wense aan elkeen, tot ons weer sien.

As julle nog verder kuier, geniet dit!

Veilig terugkeer huis toe.

Liefde

Noekie

 

2018/09/23, 15:26 - '78 Raymond Gerber: Baie dankie vir almal vir 'n wonderlike tyd wat baie goeie herineringe terug gebring het en nuwes gebou het. Dit was so lekker om tussen ou vriende te wees en nuwes te maak (spouses!). Dankie spesiaal vir Elsabe, Johan, Drikkie, Koubs, Jeanette, Amanda en my favorite Marietjie vir die lekker geselligheid by Stasie 6. Charmaine dit was ook baie lekker om so met Dries te kuier. EK hoop om julle in minder as 5 (or 10) jaar weer te sien. Laat my weet as enige van julle ooit VSA to kom. My huis staan oop vir julle almal. Hou net in gedagte dat ek van November tot April het ek 4 voet sneeu het en enige gas/te moet help sneeu verwyder :) :)

 

2018/09/23, 22:11 - '78 Ludwig Minne: Baie dankie vir 'n onvergeetlik opwindende 40ste reünie, moontlik gemaak deur jul reëlings, skenkings en bywoning.

 

2018/09/23, 22:18 - '78 Estelle Du Preez (Botha): Baie dankie vir 'n onvergeetlike naweek dit was so lekker om almal te sien. So trots om deel van die 1978 matrieks  te wees.

 

2018/09/24, 04:17 - '78 Etha Smit (Kleingeld): Op pad huistoe. Weereens baie dankie vir "n fantastiese naweek. Julle is beslis TOPS.

 

2018/09/24, 05:44 - '78 Estelle Pentz (Botha) Swartkop: Aan die reëlings komitee. Baie dki. Nou kan julle ook lkr rus na ñ onvergeetlike fantastiese reunie naweek.

 

2018/09/24, 07:48 - '78 Magda Coertze(Geel): More more...ek beaam alles wat die vorige klomp gese het ... dit was onbeskryflik !  My man se ook almal is so dierbaar en het dit net so geniet! Baie danki aan almal wat voorgevat het...julle weet hoe! Fantasties om almal te gesien het! Mooi loop...tot ons weer sien as die Here ons spaar

 

2018/09/24, 08:05 - '78 Carol Van Rensburg (Pretorius): Ek wil ook graag almal bedank vir hul vriendelikheid en al die harde werk tot die geleentheid. Ek het die tweede helfte van die wedstryd baie geniet...so spyt ek was nie daar met afskoptyd nie. My skoolmaatjie Annerie was nog op antibiotika vir griep en ek moet mos aan haar sy wees soos in die ou dae Dit was so lekker om mense na 40 jr vir eerste keer weer te sien! Baie spesiaal...sal altyd koester. Ek bid God se guns en genade oor elkeen toe met vgl 5jr se lewensreis tot ons weer sien

 

2018/09/24, 08:23 - '78 Lynette Jansen: Hallo maters, 'n groot dankie aan almal wat betrokke was met die reëlings vir 'n ongelooflike naweek. Dit was so lekker om almal weer te sien en saam te kuier.  Vir die wat nog kuier by familie - julle moet dit geniet en die wat nog reis veilige reis. Dankie aan almal wat van ver en baie ver af moes kom. Dit is ekstra spesiaal.

 

 

2018/09/24, 08:52 - '78 Johan Britz: Ek wag hier by Stasie 6 . Hoelaat begin die reunie

 

2018/09/24, 09:21 - '78 Chrissie Hurter (Engelbrecht): Ons kan weer terugkom

 

2018/09/24, 11:10 - '78 Etha Smit (Kleingeld): Baie dankie julle almal. Julle het ons vreeslik bederf.

 

2018/09/24, 12:05 - '78 Amanda Smith Baldie: Dankie aan almal wat altyd so gewillig was om met enigiets te help. Alles is gedoen met n glimlag. Ons is waarlik geseend om almal deel te wees van so n wonderlike groep mense. Lief vir almal van julle.

 

2018/09/24, 12:14 - '78 Etha Smit (Kleingeld): @27824432683, Eddie sê al is dit nie sy groep nie, het hy ook Sondagoggend knop in die keel gehad en swaar gegroet. Hy kan nie ophou praat v d lekker naweek nie.

 

2018/09/24, 14:13 - '78 Elsabe Gerber: Vandag toe ek so uit Despatch ry bakkie volgelaai met honde en al 🌷dink ek net die Here het voorsien met reën en Despatch kon kleurvol die ‘tafels’  dek met pragtige veldblomme wat oral opduik!

 

2018/09/24, 15:35 - '78 Ronell Van Straten (Loock): Baie dankie vir die heerlike samesyn Saterdagaand waarvan ons deel kon wees. Baie dankie vir al die wat hard moes werk om dit moontlik te maak. As jul ooit deur die Noordkaap kom, ons huis staan altyd oop vir vriende. Liefdegroete. Jannie en Ronell

 

2018/09/23, 22:31 - '78 Amanda Smith Baldie changed the subject from "Reunie  2018 Groep" to "Reunie  2023 Groep"

bottom of page